Waar om te begin...
Ons het so lanklaas gesels en daar het so baie gebeur. Dis nou al amper Kersfees, Rencia-Marié is amptelik klaar met skool, Jacques het 'n rapport huistoe gebring wat kreun onder die onderskeidings en Ma en Pa werk maar net...
Rencia-Marié se Matriekafskeid was heerlik en soos gewoonlik het sy soos 'n model gelyk. Sy en Stephan, wat haar metgesel was, gaan nou uit en maak 'n oulike paartjie al is sy helfte so lank soos hy! Sien die foto's op die fotoblad.
Intussen het sy 'n karretjie gekry vir volgende jaar se vervoer en hulle pas te lekker - 'n cheeky karretjie vir 'n cheeky girl! Sy het ook haar voorkoms verander - hoe kleur mens sulke mooi hare?
Jacques rits die wêreld vol op sy nuwe fiets en Ma bekommer haar dood oor die motoriste op die pad (ag, ek bedoel die kind op die fiets :) )
Martie behoort aan 'n fotografie-groep op Facebook en moet elke dag 'n foto neem en plaas - so wees gewaarsku wêreld! Sy is nou al amptelik op verlof, maar die kliënt het blykbaar nie die memo gekry nie...
Nuus